Dollie vier nege jaar by Unimil – Union Milnerton RFC
16520
page-template-default,page,page-id-16520,ajax_fade,page_not_loaded,,qode-theme-ver-13.9,qode-theme-bridge,elementor-default,elementor-kit-17063,elementor-page elementor-page-16520
 

Dollie vier nege jaar by Unimil

BYNA ’n dekade gelede het een van Suid-Afrikaanse rugby se belowendste jong talente, Isma-eel Dollie, besluit om sy toks vir ’n afrigtersfluitjie by die Westelike Provinsie-rugbyklub Union Milnerton te verruil.

Dollie het geweet sy dae as beroepspeler is stadig maar seker besig om einde se kant toe te staan.

Dié voormalige Junior Springbok- en Westelike Provinsie-losskakel moes begin kyk na “life after rugby”.

 

Weggelaat

Dié komende seisoen sal Dollie se negende een wees as afrigter van Unimil se eerste span.

“Ek is nie deur WP gekontrakteer nie,” het Dollie aan Son gesê oor sy besluit om te gaan coach.

Dit was toe die destydse WP-afrigter Allister Coetzee vir Dollie in 2011 uit sy Curriebeker-groep weggelaat het om plek te maak vir Demetri Catrakilis.

Dollie vertel: “Ek moes toe ’n plan maak, en dis toe Nolene en Sarel Oosthuizen my genader het om hulle eerste span af te rig.

“Aan die begin was dit harde werk om die nuwe plan en kultuur-ommeswaai by die spelers te vestig.

“Nolene en Sarel – wat Sareltech besit – het my van die begin af ten volle vertrou.

“Min mense sal die eerste span se leisels sommer net so aan ’n onervare afrigter oorhandig. Ek is hulle ewig dank verskuldig.”

Dollie moes hard werk om Unimil te vestig as een van die top-klubs in die WP. Hulle speel tans in die Superliga A (SLA).

Toe hy oorgeneem het, moes Dollie stelsels ontwerp, maar hy wou nie die kultuur van die gemeenskap waarin die klub hom bevind het, prysgee nie.

 

Geprys

“Ons moes net werk aan stelsels, en dis waarvoor al my afrigters geprys moet word,” sê hy.

“Daar was – en is steeds – talle uitstekende spelers wat die Unimil jersey gedra het in my tyd as afrigter.”

Dollie en sy afrigtingspan is al die afgelope ses jaar saam. In klubrugby is dit iets besonders, aangesien ’n afrigtingspan selde dieselfde bly vir langer as twee seisoene.

Die voormalige Springbok-senter Adrian Jacobs rig die agterlyn af, Stephan Gerber die forwards en strength-and-conditioning is Gareth Jordan se baby. Sarel is die eerste span se bestuurder.

Unimil was in 2018 vierde in die SLA, sy hoogste plek nog. Verlede jaar het hy vyfde geëindig.

Dollie sê: “Min Superliga-afrigters kan sê hulle afrigtingspan kom al ses jaar saam.

“Dís die rede vir ons sukses – nie net op die veld nie, maar om iets te bou wat jare sustainable gaan wees.

“Min mense buite Unimil weet dit, maar albei ons kinders is binne die klub gebore. Unimil is die enigste klub wat hulle ken.

Haastig

“Ek het my rugby nou wel by SK Walmers geleer en gespeel, maar my kinders het dit nie ervaar nie.”

Dollie hoop, soos enige jong afrigter, vir die call-up na provinsiale vlak, maar hy is nie haastig daarvoor nie.

 

Geskryf deur Lyndon Julius van Son koerant